Guestbook
Luuks, fantastiese stil omgewing met die breek van branders hoorbaar!
Alles vanaf die ontvangs tot die verblyf was absoluut fantasties-vriendelik, 'n weer en weer en weer besoek die moeite werd - dankie Theresa.
Karin S
November 2024
Dit was gerieflik, skoon en rustig. Ons sal definitief weer kom.
Ons het ongelooflik lekker gebly. Almal kon nie ophou sê hoe lekker dit vir hulle was nie.
Amanda V
November 2024
A perfect escape from city life to the wild, quiet, west coast.
Lovely isolated location. Friendly service. Beautiful natural landscape.
Christine V
November 2024
Baie mooi, een met die natuur en avontuur.
Ons is vriendelik ingewag en na ons tent geneem met 'n Landie. (Ons motor was te laag vir die sagte sand). Dit is verskriklik mooi, in die middel en voel deel van die natuur en net agter 'n duin van die see af. Tent het alles wat mens benodig. Dit is mooi skoon en netjies. Veldmuisies en voëls om die tent om heeldag te bewonder en dan kilometers te stap op die strand. Die sterre in die aand asemrowend en jy sit rustig op die houtdek en hou die hemelruim dop.
Lizelle A
September 2024
Ons het verwelkomend gevoel en 'n lekker atmosfeer ervaar.
Ons het dit baie geniet. Sal definitief weer terugkom. Ons hondjies ook.
Adriaan V
Junie 2024
Die rustigheid maak 'n vakansie ekstra special.
Lang oop en stil strande is onbeskryflik.
Volker S
Mei 2024
Peaceful and secluded with the best sunsets and a private beach.
Peaceful and secluded with the best sunsets and a private beach as far as the eye can see. Also had an amazing unexpected experience with dolphins putting on a show off the shore on our last day.
Gert R
January 2024
Het lekker gebraai en ons honde het dit net so baie geniet!
Baie lekker glamping op die Weskus en jy het basies die hele strand vir jouself. Die mense is vriendelik en baie behulpsaam. Dit was ons tweede keer daar en sal weer teruggaan.
Braam R
Desember 2023
Glamping and cosy.
I already referred friends of ours. It was a very relaxing and enjoyable stay. Thank you.
Jozua A
November 2023
Sandveld magic.
It was a wonderful experience. Good communication. Very friendly and helpful. You are legend. The beach was full of life. Birds, seals and dolphins. Our tent was well equipped and very clean. Very private. The braai area is so cool. Will be back for sure.
Cabri Van Zyl
November 2023

Share This Page